Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...
Tyd vir ’n 2027-lys
AGTER DIE SKERMS
Weg!
BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.
V&A • Elke maand beantwoord ons kenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na 🖰 redakteur@weg.co.za.
KORTLIKS
BOEKE • Ons redaksie deel die boeke wat hulle vanjaar in Kerskouse gaan sit.
Kersfees (en spoke) op Matjiesfontein • Die pad na Matjiesfontein lei ’n mens uit die hede terug na die Victoriaanse tyd. En, soos Tony Jackman ontdek het, is sommige van dié eksentrieke dorpie se lank reeds oorlede inwoners steeds springlewendig – veral wanneer die kersklokkies begin lui.
Wat is jóú planne vir 2027? • Of jy ’n nuwe vakansieplek besoek of weer by ’n gunsteling kuier, maak vanjaar ’n jaar om te onthou! Hier is 27 puik naweek- en vakansie-idees vir 2027.
Die Tuinroete se geheime • Die Tuinroete se berge, strande en woude is wêreldberoemd. Hier’s ’n paar minder bekende doendinge en selfs een of twee waarvan jy nog nooit gehoor het nie. Hoe klink ’n sauna langs die see?
Trap-trap deur die hart van Malawi • Malawi word bemark as die “Warm Heart of Africa”. Hou dié slagspreuk steeds sy belofte ná 1 330 km op ’n fiets tydens die mangoseisoen? Wel, dis ingewikkeld...
MENSE SE LENSE • Jy bly uitstel... miskien is 2027 uitéindelik jou jaar? Stuur jou beste foto’s na Toast Coetzer by 🖰 menseselense@weg.co.za en dalk deel hy dit op hierdie bladsye!
Gebore om te heers
Toebies met houding • Moeg van dieselfde kaas-en-hambroodjies vir middagete? Hier is ’n paar ghrênd toebroodjies wat lyk asof hulle in ’n privaatskool was...
Geskenke vir almal! • Dis daai gawe tyd van die jaar wanneer ’n mens jou geliefdes (en jouself) kan bederf met ’n geskenk of drie. Weg se span joernaliste het hierdie kortlys saamgestel van wat hulle sal wil gee én ontvang.
’n Indiese spogbakkie op pad • Mahindra beplan om met ’n splinternuwe dubbelkajuitbakkie nie net die Chinese nuwelinge op waarde vir geld aan te vat nie. Sy visier is ook gerig op die groot spelers soos die Toyota Hilux, Ford Ranger en Isuzu D-Max.
BLY HIER • KINGFISHER-KOTHUISE OP DIE TWO DAM SUSTAINABLE-FORELPLAAS, MONTAGU
Kom kuier op Kommetjie • Tussen die kusdorp Kommetjie se branders en berge vergeet ’n mens dat jy skaars 40 km van ’n wêreldstad af is.
MET MY EIE OË • Die Kgalagadi is bekend vir sy vele roofvoëls. Jo-Anne Duffett van Kaapstad het ’n ongewone interaksie tussen twee spesies waargeneem.
Ook die bome blom! • Het jy al mooi na bome gekyk? In die lente en somer tooi party hulle in pienk tossels, ander hang vol vuurrooi klokkies of dra goudgeel trosse. Kom ontdek die mooiheid wat tussen die takke skuil.
VIR DIE VOËLS Kom ons praat oor pelikane
Namaste, Indië • Van die Taj Mahal, simbool van die liefde, tot die heilige stad Varanasi waar die lewe en die dood sáám gevier word... Marguerite van Wyk word betower deur die noorde van Indië.
Oranjerivier • Hoe oorleef ’n mens ’n snikheet Desember langs die Oranjerivier? Jy verander in ’n krokodil, is Esma Marnewick se raad.
BLOKRAAI
AFRIKA OP SY BESTE