Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Landbouweekblad

Landbouweekblad

May 28 2026
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

STOF TOT NADENKE

Wenner

Verloorder

Water ál groter strydpunt • Water is nie meer net ’n landbouhulpbron nie, maar ’n gedeelde nasionale beperking waarom verskillende sektore toenemend meeding. Dít was die kernboodskap in ’n onlangse Nasie in gesprekpaneelbespreking op Nampo oor water en die landbou in Suid-Afrika.

Om verkeerd én reg te wees

Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com

Belange in die buiteland? Gaan só te werk • Soos verwag kan word, lei die huidige onbestendigheid in die wêreld ook tot persoonlike bekommernisse, waaronder finansieel. In hierdie rubriek val die kollig op internasionale boedelbeplanning.

Deur oop na China vir slange, aapvleis, en ja, ook rioolafval

Boere maak harte oop: ‘Hier is nou baie werk’ • Die vloedskade van die afgelope tyd gaan nie miljoene rande nie, maar miljarde rande beloop, het dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou, gesê. “My hart bloei wanneer ek die impak op die landboubedryf en boere sien.”

‘HIER IS GROOT MOEILIKHEID’

Langkloof-boer se kortpadplanne met stukkende pad • Krat vir krat. Só word 15 000 dagoudkuikens nou óm ’n gapende gat in die R62 in die Langkloof in die Oos-Kaap gedra nadat honderde millimeters reën vanaf 5 Mei dae lank daar geval het.

Natste begin van winterreënseisoen in sowat 30 jaar

Wildbedryf ‘nóg verder uitgesluit’ • Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA) waarsku dat die uitsluiting van die insette van wildveeartse en die wildbedryf die land se hoop om bek-en-klouseer (BKS) binne tien jaar uit te wis, kan ontspoor.

Nóg 35 miljoen entstowwe bestel

‘Stabiliteit eers ná 24 maande bereik’ • Suid-Afrika het aansienlike momentum opgebou van ’n risiko-gegronde benadering tot bek-enklouseer (BKS) na ’n bedryfsgegronde model. Die tempo waarteen entstofdosisse bestel, afgelewer en toegedien word, kan beteken dat stabiliteit binne twee jaar in Suid-Afrika bereik word.

Kommer én verligting in KZN

‘Klop by landboubedryf aan as jy oplossings soek’ • ‘Ek glo vas dat as jy oplossings soek, moet jy by die landbougemeenskap gaan aanklop,’ het Dean Macpherson, minister van openbare werke, op die Nampo-oesdag by Bothaville gesê in ’n sessie oor die verval van plattelandse paaie en munisipaliteite.

Herlewingslandbou: Banke, verbruikers en boere moet saamwerk • Herlewingslandbou vereis dat banke op ’n nuwe manier begin dink om produsente te steun wat dié manier van boerdery aanpak, terwyl ’n groter bewustheid ook by verbruikers gekweek moet word, het kenners in die Nedbank-gesprek op Nampo gesê.

Finansieringsdruk: ‘Bekyk regulasies om boerderye te steun’

‘Biobrandstof sal aansporing verg’ • Om ’n biobrandstofbedryf in Suid-Afrika gevestig te kry, sal sterk genoeg aansporing vir die brandstofbedryf én boere nodig wees.

Koringboere kan nie langer wag vir tariefbesluit

Saalperdbedryf by kruispad oor toepassing van reëls ná regstryd • ’n Botsing in die vertoonring op Robertson wat nie ondersoek is nie, het gelei tot ’n hooggeregshofstryd wat die Suid-Afrikaanse Saalperdbedryf laat gons het. Dié onmin in ’n bedryf wat reeds weens die sukkelende ekonomie en hoë brandstofpryse met kwynende getalle te kampe het, is volgens betrokkenes nie bevorderlik vir die sportsoort – wat ook landbouskoue op die platteland lewe gee – nie.

Landbou doen dit self • Ná die afskaffing van die landboubeheerrade is met die...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans